As hierdie Boek reg is...
Het jy geweet dat daar iets bonatuurlik is wat jou lewe kan verander? Lees verder.
6/4/2025


✍️ Die storie begin:
Meeste van ons raak redelik gemaklik met hoe ons die wêreld sien wanneer ons bo ’n sekere ouderdom kom. Ja, ons kry bietjie inligting hier en daar by, maar basies weet ons wat ons weet, en ons glo wat ons glo. Veral die ‘glo wat ons glo’ gedeelte. Maar Charles Spurgeon se storie, uit die boekie ‘Barbed Arrows’ van 1896, wys dat dit nie onmoontlik is dat jou realiteit bietjie geskud word nie.
📖 Spurgeon vertel die volgende verhaal oor twee mense:
’n Man en sy vrou het ’n Bybel in die hande gekry het — die eerste een wat hulle ooit gesien het. Die man het begin lees, en een aand, terwyl hy by die vuur gesit het met die oop boek, sê hy:
“Vrou, as hierdie boek reg is, is ons verkeerd.”
Hy het aanhou lees, en ’n paar dae later sê hy:
“Vrou, as hierdie boek reg is, is ons verlore.”
Meer gretig as ooit om te weet wat die Woord van die Here werklik sê, het hy die boek verder bestudeer, totdat hy een aand bly uitgeroep het:
“Vrou, as hierdie boek waar is, is ons gered!”
Dieselfde Woord wat aan hulle gewys het dat hulle verlore is, het ook die evangelie van redding geopenbaar.
Dít is die heerlikheid van die Woord van God…
🔍 Wat leer ons hieruit?
’n Spieël wat jou die waarheid wys.
Daar is geen ander boek wat so direk spreek tot die siel van die mens, en sy foute, gebreke, en behoeftes, soos die Bybel nie. Dit is ’n spieël wat ’n duidelike beeld van die ware jy, aan jou ontbloot. En dit wys ook aan ons die heiligheid, skoonheid, reinheid van God. Die man het gelees en besef ,“Ons is verkeerd”. En omdat ons sonde eerstens teenoor God is, bring dit ons tot die gevolgtrekking “Ons is verlore”.
God se Woord is genoeg.
Maar die Bybel los jou nie daar nie. Die Bybel in sy geheel – van die begin tot die einde, is die boodskap van God se genade om redding te bring. Geen ander boek kan iemand uit die dood opwek nie. Geen ander boek bring die ewige lewe nie, “Ons is gered”.
Die persoon van Jesus.
Die Bybel is die boodskap van God se verlossing – en dit kom in ’n persoon, Jesus Christus. Redding kom nie deur ’n goeie mens te wees of goeie dinge te doen nie. Dit kom deur Jesus as jou Verlosser aan te neem. Hy is die Weg en die Waarheid en die Lewe. Jesus Christus, die Redder van sondaars.
💬 Wat daarvan?
Is jy bereid om die vraag te oorweeg? "Wat as hierdie boek reg is?" Dat díe boek die werklike woord van die lewende God is. Dat dit die weg tot lewe na die dood aandui. Dat dit die Een wat jou gemaak het, en lief vir jou is, aan jou bekend maak. Is dit dan nie desperaat belangrik dat jy weet wat dit sê nie?
Ons nooi jou uit om saam met ons te lees. Kom ontdek God se Woord saam met ons, sien die kosbaarheid daarin, en proe die heerlikheid daarvan, wat jou lewe radikaal kan verander.
🙌 Jy's welkom by Montagu Bybelkerk
Ons doen nie kerk om godsdiens, reëls of gebruike na te jaag nie. Ons wil die lewende God deur sy Woord ken. Kom saam met ons rondom Jesus en Sy Woord. Dit is die sleutel tot ware lewe.
📅 Eerste samekoms:
Sondag 22 Junie | 16:00 | Hofmeyr Saal, Montagu