Meer oor ons

Ons huiskerk se leierskap

Ons erken die bybelse beginsel van ’n meerderheid van ouderlinge wat die plaaslike kerk lei. Maar tot tyd en wel, dien Louis as enigste ouderling en pastoor.

Hy het in 2021 sy BTh in Teologie aan die South African Theological Seminary verwerf en is na ’n jaar as pastoor in opleiding georden in 2022. Hy is ook toe ingelyf as mede-pastoor van Lakeside Chapel in Bettysbaai. Louis het daarna ’n BTh Honneurs in Teologie in 2024 behaal.

Ons sentrale waardes
  1. Liefde vir die Vader, Jesus en Heilige Gees. Alles wat ons doen moet dit weerspieël.

  2. Die Bybel is God se openbaring van Hom en Sy wil aan ons. Ons wil God ken deur Sy Woord akkuraat te verstaan.

  3. Daar is ongeveer 59 unieke “mekaar”-opdragte in die Nuwe Testament, wat handel oor Liefde & Eenheid, Versorging & Diens, Geestelike Groei, Nederigheid & Vergifnis. Ons wil hierdie saam uitleef.

  4. Die Bybel gee vryheid in hoe mens kerk doen. Dit gaan oor God en mekaar, nie gebruike en tradisies nie.

  5. Kerk is meer as ’n Sondag byeenkoms, dit is ’n leefwyse gefokus op Jesus.

‘n KORT Geskiedenis

Montagu Bybelkerk is 'n huiskerk wat saamkom in Montagu.

Ons - Louis, Liesl en Conor van Heerden (ons oudste, Aidan studeer in Centurion), het in Mei 2025 na Montagu vanaf Bettysbaai getrek.

Gegee ons liefde vir die Here en Sy Woord, en met die gebede en ondersteuning van ons tuis kerk - Lakeside Chapel in Bettysbaai, het ons besluit om Sondae as 'n huiskerk bymekaar te kom, waar die Woord van God sentraal staan, en waar die waarheid daarin, sonder terughou of verandering prontuit geproklameer sal word.